606 ha Vaalwater

R13 million
For Sale

14590

Property ID

606 ha

Size

Description

Hierdie 606 hektaar wildsplaas is in die Waterberge in Vaalwater area, Limpopo Provinsie. Die plaas is vir 27 jaar  in die eienaar se besit en is uitstekend ontwikkeld.

Geboue op die eiendom:

Hoof huis met woonstel

Gaste huis

Bestuurders huis

Jag Lodge met lapa, kombuis.

Afdakke vir voertuie.

Arbeiders kompleks.

Store

Slag fasiliteite

 

Beskrywing van geboue:

Hoof huis: Die hoof huis is apart geelektrifiseerd omhein met alarms en sekuriteit “beams”. Ongeveer 400 vkm grasdak, wat bestaan uit 3 slaap kamers, 2 badkamers, hoof slaapkamer is en-suite, het ook buite stort, sitkamer, eetkamer, kombuis, spens, opwas, groot stoep. Buite braai, asook lapa met kroeg area en addisionele braai area. Woonstel met slaapkamer, kombuis, badkamer en kantoor. Alle slaapkamers het lugversorgers en daar is 2 lugversorgers in die sitkamer. Jungle gym, 2 store, Grasdak afdak vir 4 voertuie, 2 toesluit motor huise. Aparte 23 kva kragopwekker vir hoofhuis. Besproeiing in tuin.

Gaste huis;  Grasdak wat bestaan uit 2 slaapkamers, hoof slaapkamer het volledige badkamer met buite stort, tweede slaapkamer het 4 beddens met badkamer. Oop plan leef area met kombuis, sitkamer en eetkamer en buite stoep. Buite lapa met braai area. Trellidoor veiligheidshekke.

Plaas bestuurders huis: Huis ongeveer 500 vkm met sink dak met 3 slaapkamers, 3 badkamers, groot sitkamer,  kombuis, eetkamer, kroeg en kantoor, stoep, onthaal area, 2 Kluise in huis, was kamer. Lugversorger in hoof slaapkamer.

Woonstel agter bestuurders huis: 1 slaapkamer en badkamer, kombuis met leef area en buite braai area.

Jag Lodge: Grasdak wat bestaan uit 6 slaapkamers op grondvloer met 3 badkamers ( slaap 2 per kamer). Boonste vloer het 2 slaapkamers waar onderskeidelik 3 persone en 10 persone kan slaap, Volledige eie badkamer. Swembad, Onthaal area met lapa, volledig toegerus met yskaste, ysmasjiene, gas braaiers. Toegeruste kombuis, groot sitkamer en eetkamer, opwas area.

Grasdak afdak vir 4 voertuie en grasdak afdak vir 5 voertuie.

Die gaste huis, bestuurdershuis, jag lodge is gesamentlik omhein met geelektrifiseerde omheining met sealarm en sekuriteit “beams”. 100 kva Eskom transformator met 50 kva bystand kragopwekker.

Volledige slagkamer met 6m x 4m koelkamer met 3 waaiers. Slaghuis toerusting, biltong kerwer, staal tafel, vleis saag. Sout en velle kamer. 4 Bokke kan gelyktydig gehang en geslag word.

Grasdak ablusieblok naby slagkamer wat bestaan uit: Toilet & wasbak.

Arbeiders kompleks is baie netjies en bestaan uit 6 Slaapkamers, 2 badkamers, kombuis, asook 2 toesluit motorhuise. Onderdak braai plek voor kamers.

Stoor: 18m x 10m staalkontruksie met steen toegebou met 4 rol deure. 2 Motor huise met 2 afdakke vooraan, 2 afdakke vir ‘trailers”. 2 200 liter diesel tank. 4 Stoor kamers vir gereedskap en hout.

Skietbaan: Skiet tafel met 100 m en 200 m skiet walle. Braai area, toilet en wasbak.

Grasdak afdak met braai area by rivier.

1,3 km Aanloopbaan.

Water voorsiening: Boorgat by hoof huis, boorgat is 70 m diep, watervlak 34 m van bo, dompel pomp met 58m pyp, pomp in 5 000 liter tank met drukpomp. Boorgat by gaste huis, bestuurders huis en jag lodge is 35 m diep, pomp ook in 5 000 liter tank met drukpomp. 2 addisionele 5 000 liter water tanks met drukpomp. Rivier aan een grens van plaas. 2 Groot grond damme. 4 Water Drinkbakke vir die wild.

Plaas is wildwerend omhein met 2,4 m wildsheining. Geelektrifiseerde 13 hektaar goue wilde bees kamp, geelektrifiseerde 3 hektaar swart rooibok kamp, 12 hektaar buffel kamp.

Toerusting: Toyota Hilux 3 liter diesel, Toyota Prado Wildsvoertuig, 2 x New Holland Trekkers, 3 sleepwaens, verskeie implemente.

Wild: Die wild vorm nie deel van die koopsom nie, maar is addisioneel beskikbaar. 100 Rooibokke, 40 Blesbokke, 100 Blou Wildebeeste, 20 Goue Wildebeeste, 35 Split Blou Wildebeeste, 6 Goue Wildebees bulle, 4 Buffel bulle, 8 Sebras, 33 Elande, 8 Kameelperde, 30 – 40 Koedoes, 15 Swart Rooibokke, 7 Springbokke (swart, koper, gewoon), duikers, steenbokke, grys duiker, vlakvarke.

Address

Address: Vaalwater
  • Country: South Africa
Open on Google Maps
  • Property ID 14590
  • Price R13 million
  • Property Type Game Farms
  • Property status For Sale
  • Size 606 ha
  • Land area 606 ha

Contact

1. Gerhard de Beer

Property Agent
082 805 8746
gerhardfarms@gmail.com
Other Properties